Ons Storie

Welkom by Kleur & Co. ♡

Kleur & Co. is ’n Suid-Afrikaanse aanlyn boetiek vir vroulike, draagbare mode met ’n bietjie kleur. Ons kies items wat mooi voel, maklik style en steeds spesiaal genoeg is om jou outfit daardie ekstra iets te gee.

Van sagte pastelle en statement-kleure tot rokke, tops, breiwerk, juwele en bykomstighede — elke item word met sorg gekies met die idee dat dit in ’n regte vrou se kas moet werk, nie net mooi op ’n foto moet lyk nie.

Ons hou van klein, doelbewuste kolleksies, mooi detail en style waarna jy weer en weer kan gryp. Kleur & Co. groei ook stadig na eie, plaaslik vervaardigde style — pieces wat spesifiek vir die handelsmerk ontwikkel word en mooi by die res van die winkel pas.

Dankie dat jy ’n klein Suid-Afrikaanse besigheid ondersteun. Elke bestelling, review en share beteken opreg baie. ♡